Tanya Bodenstein

before_image
BEFORE
after_image
AFTER
Name: Tanya
Surname: Bodenstein
Location: Middelburg
Entry Date: Sep 15, 2020

About the Project:

Op ‘n manier is my gang soos my lewe – mooi, maar nie perfek nie. Klein geskrewe in die onderste hoekie van die muur, weggesteek, staan 2020. ‘n Jaar van soveel lelik, seer, teleurstelling… Tog, ‘n jaar van liefde en nog onvoorwaardelik ook. Liefde wat mens net van lees in storieboeke en Sondae in KykNet-films…

Read More

Op ‘n manier is my gang soos my lewe – mooi, maar nie perfek nie.
Klein geskrewe in die onderste hoekie van die muur, weggesteek, staan 2020. ‘n Jaar van soveel lelik, seer, teleurstelling… Tog, ‘n jaar van liefde en nog onvoorwaardelik ook. Liefde wat mens net van lees in storieboeke en Sondae in KykNet-films sien. Daai liefde is ‘n refleksie van die sterk band tussen myself, en my twee heroes – my ouma en oupa.
Vir 27 jaar noem ons onsself The Three Musketeers. Ons doen alles saam – lag, gesels, dans, maak kos, eet, ons bly selfs saam… In my ouma se eie woorde: “Jy’s ouma se lewe, my baby, my alles!”
Maar die jaar, 2020, verander als. In Februarie verloor ek my ouma. Haar dood was skielik, uit die bloute. Die huis is leeg. Als is anders. Ons almal se harte rou en my oupa sin is so seer dat hy nie meer kan funksioneer nie van verlange.
Eers het sy lyfie ingegee en toe sy woorde. Hy verloor die lus vir lewe, al het hy nog so baie om voor te leef. Hierdie mismoedigheid is presies wat sy Demensie en Parkinson’s wil he.
Ons huis verander in ‘n donker wolk van weemoed, seer, en trane.
Maar as daar nou een ding is wat my ouma my geleer het, is dit dat iets moois jou altyd kan laat beter voel. Dis wat my huis nou kort – ‘n bietjie vreugde.
Toe ek die kleur John’s Joy sien, het ek presies geweet wat om met dit te doen. Ek gaan die gang optower met ‘n bietjie JOY! Die gang wat lei na my ouma en oupa se kamer. En elke keer wanneer ek na my oupa se bed stap verby die helder geel kas, gaan ek vreugde voel.

Die helder geel herinner my aan die liedjie Yellow van Coldplay. Alles wat ek doen, doen ek vir jou – and it was all yellow.
Binne in die pragtige geel kas, is ‘n boksie. Binne in die boksie is my dierbare ouma se as. En wanneer ek na die geel kas in my nuwe gang kyk, dan voel ek vreugde en nie seer. Vreugde van al ons jare se herinerringe, grappies, en lag.
En wanneer die tyd kom vir my oupa se as om langs my ouma sin te staan, sal die geel kas ‘n plekkie wees waar ek altyd by hulle kan sit en gesels.

Project Details:

Paints Used:
Tjhoko Paint
John's Joy
Tjhoko Paint
Matt black
Tjhoko Paint
Cloud White