Into the blue

The cushions on an old patio lounge suite got a cool new look thanks to a little paint and a lot of enthusiasm.

By Kim Bougaardt
Photographs Francois Oberholster

DIY enthusiast Meggan Lapham wanted to inject new life into the family’s old patio lounge suite; over time, the cushion seat covers had become dull and faded. Her husband Ernest tried dyeing the covers but that wasn’t a success.

Meggan had already completed a few projects using Annie Sloan paint and when she heard that it could just as easily be applied to fabric, she immediately set about testing the theory – with very pleasing results! “It’s so easy and so much fun – best of all, you don’t have to be a professional to get it right. I’d recommend this project to anyone who enjoys DIY home improvements,” she says.

The colour palette: Annie Sloan Napoleonic Blue

What she did…

Meggan bought four tins of Annie Sloan paint in the colour Napoleonic Blue, mixed it with a little water (500ml water to 1 litre paint) and painted it onto the fabric. She applied one coat, allowed it to dry and then did a few touch-ups to ensure a perfect finish.

Once the paint was completely dry, Meggan applied a coat of Annie Sloan Clear Wax with a cloth. The wax not only brings out the colour beautifully, but also gives the seat covers a leathery shine and ensures that the fabric is weatherproof. This project should take about three to four hours – Meggan began in the morning and was able to sit back and admire her handiwork with a cup of tea that afternoon.

Q&A WITH ANNIE SLOAN

We asked the guru of chalk paint which fabrics are best suited to her product.

Q: Can Annie Sloan paint be used on any fabric?
A: We’ve tried our paint on various types of fabric – including velvet – and haven’t found any problems yet.

Q: Would you recommend using Annie Sloan paint for DIY fabric projects?
A: Yes! You can paint Annie Sloan directly onto the fabric or dye it in diluted paint for a more subtle colour.

Q: Do you need to add water when using the paint on fabric?
A: Yes, it’s important to dilute the paint so that it’s easier to apply – and to avoid any clumps.

Q: Do you need to finish off the project with wax?
A: You don’t have to wax after painting; once dried, the paint won’t come off onto clothing. However, you can wax for a soft leathery finish. Never wax velvet!

*****

Die kussings op ’n ou stoepstel het ’n splinternuwe voorkoms gekry danksy ’n leksel verf en ’n goeie skoot entoesiasme.

Die selfdoener Meggan Lapham wou nuwe lewe in die gesin se ou stoepstel blaas, want die kussings het deur die jare verbleik en hul fleur verloor. Aanvanklik het haar man, Ernest, probeer om die oortreksels te kleur, maar dit het op ’n algehele ramp uitgeloop!

Meggan het toe al heelparty ander projekte met Annie Sloan-verf voltooi, en toe sy verneem dat jy dit selfs op lap kan gebruik, wou sy dadelik kyk of dit werk. En was sy nie beïndruk nie! “Dis soveel pret, en so maklik – enigiemand kan dit doen! Ek sal dié projek aanbeveel by almal wat graag self dinge in en om die huis opknap,” sê Meggan nou.

Die kleurpalet: Annie Sloan Napoleonic Blue

So het sy gemaak …

Meggan het vier blikke Annie Sloan-verf in die kleur Napoleonic Blue gekoop, dit met ’n bietjie water gemeng (500 ml water op 1 liter verf) en met haar Annie Sloan kwas op die lap geverf. Sy het eers net een laag aangewend, dit laat droog word en toe hier en daar nog ’n bietjie aangetik vir die perfekte afronding.

Toe die verf droog was, het sy ’n laag Annie Sloan Clear Wax met ’n lappie aangewend. Die was bring nie net die kleur lieflik uit nie, maar gee die kussings ook ’n leeragtige glans en verseker dat die materiaal waterdig is. Dié projek sal jou so drie tot vier uur neem – Meggan het die oggend begin en kon haar handewerk teen teetyd daardie middag bewonder.

V&A MET ANNIE SLOAN

Ons het die krytverfghoeroe gevra watter soorte lap die geskikste is vir haar produk.

V: Kan ’n mens Annie Sloan-verf op enige tekstiel gebruik?
A: Ons het ons verf al op verskeie soorte lap getoets – ook fluweel – en het nog geen probleme ondervind nie.

V: Sou jy mense aanraai om Annie Sloan-verf vir selfdoenprojekte met lap te gebruik?
A: Ons kan dit beslis aanbeveel. Jy kan Annie Sloan direk op die lap verf, of die lap in verdunde verf doop vir ’n subtieler kleur.

V: Moet jy water by die verf voeg as jy lap daarmee wil verf?
A: Ja, dis belangrik om die verf te verdun sodat dit makliker aanwend; dit keer ook dat klonte in die verf vorm.

V: Moet jy die projek met was afrond?
A: Nee, dis nie nodig nie; as die verf eers droog is, sal dit nie op jou klere afgee nie. Maar gebruik gerus was vir ’n sagte, leeragtige voorkoms. Moet net nie fluweel met was seël nie.